Description
Die Kaalkop Waarheid het hulle oorsprong in Pretoria waar dit op ‘n stadium ‘n 8 stuk musiekgroep was. DKW het al 4 cd’s uitgebring en hulle maak oorspronklike Afrikaanse musiek wat handel oor die alledaagse lewe, whiskey en liefde. ‘n Paar van die kaalkoppe het 10 jaar gelede Gauteng se besige lewe verruil vir die mooiste Kaap. Die Kaapse DKW bestaan uit Nardus du Plooy, Christo Strauss, Christo Groenewald en Hanru Niemand. DKW se vertoning op 1 Augustus 2020 2 uur word regstreeks uitgesaai op www.homestage.co.za vanaf OMG Recording Studio in Stellenbosch. Koop jou kaartjie nou.
Early bird tickets are R100. Ticket are R120 on the day of the show. The show will be available to view for 72 Hours after the stream.